Vind ons
Ons is geleë op die hoek van Atterbury en Ajax straat, Olympus in Pretoria Oos.
Koördinate: -25.8143989, 28.3370161
Dienstye
Sondae oggende: 09:00, Sondae aande: 18:00
Spesiale dienste:
Goeie Vrydag: 08:00
16 Desember: Geloftediens 08:00
25 Desember: Kersdiens 08:00
31 Desember: Oujaarsdiens 18:00
EG Kerk Pretoria Oos
Gedagte vir die dag
Teksvers: Rigters 4:8 & 9 “Maar Barak sê vir haar (Debóra): As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie. Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal Sísera in die hand van ‘n vrou verkoop...”
In die tyd dat Sísera teen God se volk opgetrek het, het Debóra die volk gerig (gelei). Dit was ongewoon, want in dié tyd het vroue nie hoë posisies beklee nie en slegs mans het in die leër gedien, maar GOD gebruik ’n vrou om Sísera (die vyand) te oorwin. Jael het ’n pen “dwarsdeur die slaap van sy hoof gedryf.” (vers 21b)
Die Here gebruik vandag nog “swak instrumente” wanneer hulle tot Sy beskikking en aan Hom toegewyd is. Ek insinueer verseker nie dat vroue swak is nie, maar Jael, die vrou van Heber, was verseker nie ’n Goliat toe sy Sísera weggesteek het en in ’n kombers toerol en daarna met ’n tentpen in sy hoof gesteek en sodoende die vyand (teëstander) van God en Sy volk doodgemaak het. Let wel, dat sy ’n eenvoudige wapen, ’n tentpen, gebruik het om dié bose man dood te maak. God kan en het verseker in die verlede mense gebruik wat gewoonlik nie vir ’n groot, openbare taak geroep is nie. Dawid was ’n jong seun toe hy Goliat, die vyand, doodgemaak het. Waarom sal God JOU nie gebruik nie? Jael was nie ’n gespierde, sterk vrou nie. Sy het in haar tent gebly en koeie gemelk en botter gemaak. Kan die HERE nie enigeen van ons gebruik om Sy Woord en Evangelie uit te dra nie? Kan die Here iemand in aftreeoord gebruik? Verseker kan God groot, magtige manne gebruik, maar Hy gebruik meer dikwels die eenvoudige wasvrou en manne wat die grond bewerk of vissermanne. ’n Ambagsman gebruik die instrumente wat naaste aan hom is en beskikbaar op die werksbank lê. God gebruik elke kind van God wat naby Hom lewe en wat met ’n opregte, eerlike hart sê: “Hier is ek, HERE, stuur my.” Wie weet of daar moontlik vandag ’n verlore sondaar aan u deur sal klop nie. Sal u bereid wees om te sê: “Hier is ek, Here, gebruik my.”
Mag God ons help om altyd, elke dag, beskikbaar te wees om ’n verlorene na Hom te lei.
Seënwense.
(geskryf deur Yvonne Slabber)

Psalm 73:28 “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.”
Ek lees onlangs van ’n vrou wat ’n dringende begeerte en behoefte gehad het om ernstig te bid, toe gryp sy na ’n leë stoel en kniel daarvoor. In trane bid sy: “My hemelse Vader, sit asseblief hier; ek en U moet praat.” Toe kyk sy na die leë stoel en begin bid. Sy het haar kinderlike vertroue om in die teenwoordigheid van die HERE te kom, uitgebeeld. Sy het haar in haar verbeelding voorgestel dat Hy op die stoel sit en na haar gebed luister.
Jakobus 4:8 lui “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader...”
Iemand het onlangs die vraag gestel of ons altyd moet kniel wanneer ons bid. Nee, God hoor verseker die gebed van iemand wat tot Hom nader, selfs wanneer hy/sy in ’n motor reis, of selfs die motor bestuur, want God kyk na die gesindheid en houding van my hart wanneer ek tot Hom in gebed nader, nie na my liggaamshouding nie. Ons hemelse Vader wag altyd vir ons om Hom te nader en is altyd gereed om na ons te luister.
Daar is tye wanneer ons sukkel om te bid want ons voel moeg, vaak, siek of swak. Maar Jesus is met ons wanneer ons siek of swak is. Hebreërs 4:15 “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.” Daarom kan ons “met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Hebreërs 4:16
Moenie dat emosionele ontsteltenis of enige gemoedstoestand u verhinder om na Hom toe te kom nie.
God is oral, is altyd beskikbaar en luister altyd.
Seëninge.